Kyk as jy eers op jou rekenaar se almanak moet kyk watter dag is dit , moet jy totaal en al weet jy is deur die K@k .
die kat het gekots in die sitkamer en ek moes dit skoonmaak, en die mier ry wat so al met die muur langs loop in sulke kronkels tot by die skuifdeur se deur uit na die kots kol het my sommer naar gehad , ek kry vir jou daar `n blik doom beet en spuit , Theo se so ewe , neem foto want dit lyk cool , ek wil hom amper met daai einste blik flippen doom gooi .
Nou nooi Nadia my eers vir koffie en ek wou bietjie rus maar ek gaan nie lank by haar kuier nie want ek moet verder skoonmaak , die sitkamer en kombuis is darem skoon en ek moet net die papbord en koffie koppie van vanoggend was dan tackle ek die vuil garage
die vloer is so vol sement stof , want sekere mans van sekere mielies dra dit mos soos `n bos bobbejaan rond vir oefeninge
en dan trap die hele huis vuil van daai einste stof , die dat ek mos nou die oggend se ek is nie sy ousie nie want ek maak flippen skoon en skoon en dit bly net vuil, kyk ek kon otter kraam toe hy so ewe se dan moet ek maar gaan werk heeldag en hy sal by die huis sit , ja ja ja , sal heeldag flippen games speel en ek sal nie soos hy lekker aandete elke aand kry nie , flippen mansmense !!!
liefie weet ek wil graag die cuttlebug masjien he, se so ewe ek moet dit met my krediet kaart vir my koop en dan sal hy my help betaal aan dit , hy wou al gehad het ek moet dit vandag doen maar ek wil nie , hy se toe ek het tot die naweek om te besluit , ek voel so sleg dat ek so ding graag wil he
maar nou ja ons sal maar moet wag en sien,
ag weet jy , skoon die vieste in , mier trail skoongemaak , netjies het hulle weer daar begin loop, nou gif spuit !
verder skoonmaak en later weer kom skryf
kyk hier oorkant verf hulle ook nou hulle huis maar aarde die mense wat daar verf klink soos `n vendusie veiling op payday so hard praat hulle , ek wip my stertjie sommer in krul en gaan vra vir hulle hoeveel werk daar , hulle skree , drie , ek see NEE hoor , klink of julle fight want julle raas erg ! ek het al my voordeur en vensters toe en hoor julle steeds ! Darem nou sagter , o nee ek weet dit was ongeskik maar kyk , hulle het nou aan die stry gegaan en dit lyk ek mos nie , dit stres my so op ek het skoon hardkloppings gekry ! Ek is so rustig … wil niks opgestres wees nie ! gaan nou nou die voordeur moet oop maak weer sodat hier so trekkie deur die huis kom want anders vergaan ek van die hitte hierbinne
nou eers weer aangaan en wasgoedjie of twee in die masjien sit !
nou vloere gewas , ugh darem klaar en so stokflou gevoel , nou eers gaan stort , ai dit is lekker by die huis , beter hare nou kam want ai toggie anders koek hulle , bly die sagmaak haar goed in die kombuis vergeet , eers as ek kaal in die stort is dan onthou die goed staan in die kombuis , ai toggie waar is my gedagtes heen?
ek voel nie lekker nie , as ek opstaan is ek duiselig , ugh wat is dit nou weer ? lus en gaan le en slaap ! en dit drie uur in die middag !
gaan later maar fotos ens. kom blog .