wurms en nogmaals wurms

wurms en nogmaals wurms

ek haat wurms , Maggots om presies te wees , Die ander oggend toe ek hoor Theo vee vee so oor die kombuis vloerteels weet ek dat die groenteskille het natuurlik nie in die sak gehou wat geknoop was nie , die eerste keer toe dit gebeur het was dit Theo se skuld want hy het die katdrolle net so in die kombuis asblik sak gegooi , in `n sak natuurlik maar duidelik met die hitte en die vliee van die Kaap , glo my dan kry jy duisende #$%^&!!!!! wat so vinnig wil wegkom na donker hoekie toe om donker doppie te word sodat `n vlieg uitgebroei kan word, hoe ek dit weet is ek het onder die banke van die donker ryskorrels gekry en dadelik geweet dit was van hulle wat ek gemis het .

Gister toe kon ek otter kraam , manlief het nie die asblik sak geknoop nie , die katdrolle net so in die sak gegooi maar nie geknoop nie , die hele groot drom buite was vol maggots, en ek het my hele bottel domestos op hulle uitgegooi en dit het hulle doodgebrand .

bid jou dit aan , hulle val tot groente skille aan want ek het groente geskil gister , botterskorsie en so aan om te vries :(

ek het myself amper verloor , want hy vee vee maar maak niks skoon nie , ek wip my gat sommer nog `n slag vir hom en se net hy moet reg maak vir werk ek sal hier skoonmaak .
ek hou niks van wursm nie en die gajillion maaiers begin wriemel en hulle is so damn vinnig , toe vee ek die klomp op `n hoop en dit lyk soos lewende ryskorrels, vet ryskorrels , eeew , ek vat domestos en maak lekker dik vet straal rondom hulle soos swembad en hulle kan nerens heen gaan nie , as hulle aan die domestos raak vrek hulle …

dit op nugter maag is nie lekker nie glo my .

toe alles skoon is gaan was ek hande en gesig in die badkamer asof ek myself wil ontsmet , heeldag voel ek so naar . ek maak vir manlief oats en die oats lyk vir my soos gemaalde wurms , gin lus vir dit nie , eet heeldag nie , later toe appel , sny dit oop en kry wurm binne ek gooi dit sommer net so in die asblik , aha dink ek , gin niks se asblik in die huis meer nie , alles word eers veilig in koerant papier toegedraai en dan in plastiek sak gesit , sorry vir mense wat lief is vir die omgewing en sorry maar ek gebruik nou baie plastiek want glo my ek wil nie weer so nare ondervinding he nie , `n derde keer gaan nie vir my werk nie .

so daar het julle die storie , wou al lankal dit skryf maar nou is dit gedoen … gross ne ?

About staaltjies

Hier wil ek skryf wat elke dag gebeur , snaaks of nie snaaks nie , so uit my hart , net soos dinge regtig is , want mense is te bang om soms te se wat hulle regtig in hulle harte voel . Jammer as my "grammar" nie vir sommige mense reg klink nie , ek is nie baie lief om leestekens te gebruik nie en meng soms my taal want ons praat meesal net Engels tuis want ek is met Engelsman getroud , ek doen allerande hobby goed en as jy belangstel in my produkte of kaartjies laat my weet by mieliefish at gmail.com , ek tik dit so vir sekere redes :) @

4 Responses »

  1. Ek moet sê, ek het een jaar in Worcester gebly, en dis die vinnigste wat ek nog ooit maggots sien inspring het in asblikke en enige stukkie kos wat dalk net iewers bly lê. Die Kaap is maggotwêreld. (Ek weet nou nie waar jy bly nie)

    • ons bly in Somerset wes, en ons het mos `n jaar terug hier na die kaap toe getrek van Pretoria af , ja nee kyk dit is nogal erg hoor , en hulle is regtig vinnig , asof hulle ingeboude dinky toy karretjies motors in het :) maar domestos en jeyes fluid doen die ding :) nou is alles sprankelskoon en ek het glad nie meer asblik in die kombuis nie en alles word in koerantpapier toegedraai en dan in plastieksakke gesit . :)

    • jy sal nie glo nie , ek sal moet leer om dit te doen want kyk , ek het probeer om my eie kompos hoop hier agter te begin maar net vliee waar jy kyk, so ja , ek sal maar moet gaan google en dit begin , sjoe kyk die maggots het my sowaar die grillies gegee , en hier is miere vir Afrika ! katte kan nie krieseltjie kos in hulle bakke he nie dan is daar net miere , so nou het ons hulle katkos in `n bak met water , dit help darem so bietjie want miere kan nie swem nie hehe :)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s